top of page

Gefokus op mekaar

Bybelstudie:

​

Waterberg se Bybelstudie is die plek en geleentheid waar ons belangstel in mekaar se wel en weë en mekaar ook help om geestelik te groei deur te verdiep in ons liefde vir die Here en Sy wêreld.

 

Bybelstudietye:

Dinsdae 09:00 by die Kerk

Woensdae 09:00 by Kokanje

AIT-Lady-on-Phone.jpg

Wyksversorging:

​

Elke lidmaat word in ‘n wyk ingedeel wat deur ‘n Wyksversorger en Dienswerker bedien word. Gereelde besoeke en foonoproepe word gedoen om na elke lidmaat se welstand te verneem. Probleme en kritiese siektes word onder die aandag vandie leraars gebring vir pastorale begeleiding.

​

​

Kuiertyd:

​

Saam kuier is belangrik vir ons hier in Waterberg.

Ons bedien mense ná afloop van die erediens graag met tee, koffie, sap en soms ook met iets te ete.

Daar is ook gereeld kuier-geleenthede in die kerksaal of op ons terrein waar mense heerliks saam lag en gesels oor ‘n lekker bord kos en glasie wyn.

​

116377285.jpeg

Troosbediening:

​

Om die angel uit die geweldige verlies van ‘n geliefde wat aan die dood afgestaan word te haal, het ons ‘n span wat gedurende die tyd help. Ons het 'n span dames wat help met die skink van tee na afloop van Begrafnisdienste. 

Kategese:

​

Kategese vind plaas Sondae net na afloop van die erediens in die kategeselokale. Kategese word op 'n informele en genotvolle manier aangebied.

Die finale jaarklas word deur een van die leraars begelei om teen die einde van die jaar, in die openbaar belydenis van hulle geloof tydens ‘n erediens af te lê.                               

​

group-kids-small.jpeg
teas-that-can-help-or-harm-your-heart-black-tea-1440x810.jpeg

Senior Lidmaatbediening 

​

Die Alfa Senior lidmaatbediening bestaan uit persone wat na bejaardes omsien. Indien u nog gemaklik kan rondbeweeg, kom skakel hier in en help persone met inkopies asook ander take en versorging wat hulle benodig. 

116377285 (1).jpeg
Man feeling freedom on open sea.jpeg

Versorging van hulpbehoewendes:

 

Ons help van ons eie lidmate wat finansieël swaar trek asook ander hulpbehoewendes buite die gemeente. 'n Aantal van ons gemeente se lidmate is by Klub Helpmekaar, ‘n hulpverleningsorganisasie sonder winsoorgmerk op die dorp,  se werksaamhede betrokke. Ons leraars en ander leraars van die dorp word van tyd-tot-tyd gevra om ‘n geestelike boodskap te bring wanneer kospakkies op hulle terrein uitgedeel word.

​

Women-Bible-Study-1-1.jpg

Kerkstraat 112 / 38 Thabo Mbeki Straat

Posbus 61

Modimolle (voorheen Nylstroom)

0510

Kantoor: 014 717 3897
E-pos: ngwaterb@esnet.co.za
Whatsapp: 060 942 0262 (geen oproepe asb)

Bankbesonderhede:

Rek naam: NG Waterberg

Bank: ABSA

Tak no: 632 005

Rek no: 1100 580 043 

Tipe: Tjek/Lopend

Kantoorure (Kerk kantoor):

Ma - Wo & Vr 07:30 - 13:00

Donderdae gesluit 

​

Kantoorure (Kokanje):

Donderdae 11:00 - 12:00

Kontak Rita van der Merwe by: 073 691 3977

© NG Waterberg 2021
bottom of page