top of page


Wat beteken ons embleem?
Gaan lees gerus Esegiël 47: 1-12.
Die horlosie wat op 5minute voor 12 staan, dui daarop dat ons tyd min is. Ons moet ons tyd wys gebruik en ten alle tye gereed wees.
Hier is Christus alles
en in almal.
KOLOSSENSE 3:11 AFR83
​

Waar die stroom kom, sal alles lewe...
Esegiël 47:9
Waterberg Gemeente is geroep om mekaar te begelei in geloofsvorming (LUISTER), sodat ons by God se werk in die wêreld kan aansluit (LEEF).
​
Ons gemeente verbind ons aan die volgende kernwaardes:
-
Ons is vriendelik en verwelkom almal (Insluitend)
-
Ons luister na God (Geloofsonderskeidend)
-
Ons is en maak dissipels (Bybelse geloofsvorming)
-
Ons gee om (Verhoudings)
-
Ons reik uit (Gestuur)
-
Ons waag in die geloof (Waagmoed)


In Waterberg
is ons...
-
Eerbiedig aan God,
-
'n Standvastige geloofsfamilie in die golwe van verandering.
-
Samehorig in 'n tyd van onsekerheid.
-
Eensgesind ten spyte van diversiteit.
-
Mense wat omgee.
-
Geroep om God se lewende water aan ‘n dorstige wêreld bring.
bottom of page