top of page

Ons leraar

Ds Abraham Viviers

DSC_5631.jpeg

Ds Abraham is in Bethlehem in die Oos-Vrystaat gebore. Later verhuis sy ouers na Virginia waar hy in 1985 aan die Hoërskool Hentie Cilliers matrikuleer. Daarna begin hy met sy Teologiese Studies aan die UOVS in Bloemfontein. Hier behaal hy sy BA en B Th-grade in 1993. In 1994 aanvaar hy 'n proponentspos as jeugwerker by die NG Gemeente Virginia-Wes (die gemeente waar die Merriespruit modderramp vroeër daardie jaar plaasgevind het). Hy word in 1995 na daardie gemeente beroep en het die gemeente daar bedien, totdat hy na NG Gemeente Waterberg beroep is en op 01 Januarie 2012 in NG Gemeente Waterberg bevestig is.

​

Abraham is getroud met Vera. Sy is in Vryheid gebore en matrikuleer in Durban aan Hoërskool Dirkie Uys. Na skool werk sy by Dew Crisp Farms. Nadat sy 'n roeping ontvang het om die sendingwêreld te betree, sluit sy aan by die Christelike Hospitaalbond, 'n internasionale sendingorganisasie. Nadat sy getroud is en die jongste van die kinders kleuterskool toe is, het sy as skriba in die kerkkantoor van NG Gemeente Virginia-Wes gewerk. Nadat hulle Nylstroom toe verhuis het, werk se eers by die Ondersteuningsraad (maatskaplike werkers se kantoor). Daarna aanvaar sy 'n pos as sekretaresse van die hoof van Abraham Kriel Kinderhuis. In 2015 besluit sy om haar as onderwyser te bekwaam en begin deeltyds met haar B Ed-graad met B Sc deur Unisa. Sy is byna klaar met haar studies en is tans 'n onderwyser by Waterbergskool vir CVO.

Kerkstraat 112 / 38 Thabo Mbeki Straat

Posbus 61

Modimolle (voorheen Nylstroom)

0510

Kantoor: 014 717 3897
E-pos: ngwaterb@esnet.co.za
Whatsapp: 060 942 0262 (geen oproepe asb)

Bankbesonderhede:

Rek naam: NG Waterberg

Bank: ABSA

Tak no: 632 005

Rek no: 1100 580 043 

Tipe: Tjek/Lopend

Kantoorure (Kerk kantoor):

Ma - Wo & Vr 07:30 - 13:00

Donderdae gesluit 

​

Kantoorure (Kokanje):

Donderdae 11:00 - 12:00

Kontak Rita van der Merwe by: 073 691 3977

© NG Waterberg 2021
bottom of page