top of page

Gefokus op God

Eredienste:

 

Ons eredienstye was gewoonlik Sondagoggende 09h00 in die kerkgebou en 10h30 in Kokanje se saal. Ons stuur ook weekliks erediens-oordenkings aan elke lidmaat per WhatsApp. Dit is ook beskikbaar op ons Facebook bladsy. Ons het ook ‘n YouTube-kanaal (gaan na die "Oordenkings" bladsy vir die Skakel) waarop hierdie oordenkings en ander opnames elektronies gekyk kan word.

DSC_5211.jpeg

Erediensversorging:

​

Om ons eredienste vlot te laat verloop, is daar 4 plekke waar ons JOU hulp baie nodig het.

​

1) Rekenaar en klank:

Dit sluit in om die liedjies te laat verskyn wanneer gesing word, die erediens se skyfies te laat verskyn, die klank te beheer ens.

​

 

​2) Sang en musiek:

Speel jy 'n instrument of hou van sing? Raak deel van ons dinamiese span voorsangers of kom sing in die koor. Dien God só met jou genadegawe.

​

 

3) Gasvryheid:

Laat mense hartlik welkom voel by ons eredienste met 'n opregte glimlag, handdruk of selfs 'n drukkie voor die erediens. As daar gaste is, laat hul welkom voel en wys waar die badkamer, baba-kamer of kategese is. Verwelkom nuwe lidmate en maak seker ons kry hul kontak inligting sodat hulle op hoogte kan bly oor dinge wat gebeur in ons gemeente.

​

​

4) Bediening van die nagmaal:

Met ons verkleinde kerkraad, maak ons graag gebruik van vrywilligers wat kan help met die voorbereiding en bediening van brood en wyn tydens ons nagmaalsgeleenthede.

​

violin-preference-1.jpeg
praying-hands.jpg

Lewende Water Gebedsbediening:

 

Ons gebedsbediening dra ons as gemeente om ons roeping kragtig in hierdie wêreld uit te leef.  Gebedsversoeke word weekliks via die Kanselnuus deurgegee. Ons het ook 'n WhatsApp groep waar gebedsversoeke deurgegee word en waar ons span voorbidders dan onmiddellik intree voor God se genadetroon.

Kontak gerus die kerkkantoor en raak deel van hierdie dinamiese voorbiddingspan wat ons gemeente en omgewing voortdurend in gebed aan die Here opdra.

 

Gebedskring:

 

Op Woensdae om 10:10 kom ons bymekaar by die Kokanje Saal waar ons

saam bid vir mekaar en vir die wêreld. U is welkom om enige tyd by ons in te Skakel.

istockphoto-655004674-612x612 (1).jpeg
blurred-microphones-seminar-room-talking

Kerkstraat 112 / 38 Thabo Mbeki Straat

Posbus 61

Modimolle (voorheen Nylstroom)

0510

Kantoor: 014 717 3897
E-pos: ngwaterb@esnet.co.za
Whatsapp: 060 942 0262 (geen oproepe asb)

Bankbesonderhede:

Rek naam: NG Waterberg

Bank: ABSA

Tak no: 632 005

Rek no: 1100 580 043 

Tipe: Tjek/Lopend

Kantoorure (Kerk kantoor):

Ma - Wo & Vr 07:30 - 13:00

Donderdae gesluit 

​

Kantoorure (Kokanje):

Donderdae 11:00 - 12:00

Kontak Rita van der Merwe by: 073 691 3977

© NG Waterberg 2021
bottom of page