
Ondersteuning om kerk van Jesus te kan wees
Sosiale Media & Bemarking
​
Ons gee steeds elke Sondagoggend tydens die erediens Die Kanselnuus uit sodat mense op hoogte kan bly van alles wat in die gemeente gebeur en ook van mekaar se wel en weë kan verneem. Dit word kwartaalliks aangevul met Die Gemeenteskakel wat meer uitgebreide nuus met foto’s deel.
Maar met vandag se besige wêreld is dit 'n groter uitdaging om te verseker dat almal in jou gemeente bewus is van waarmee die gemeente besig is en hoe hulle betrokke kan raak.
​En wanneer daar mooi dinge gebeur wil jy die boodskap kan versprei sodat dit kan opbou en inspireer. Daarvoor gebruik ons tans:
1) Facebook
2) Mail Chimp eposse
3) Webtuiste
4) Mooi plakkate vir Spesiale Geleenthede
5) Neem mooi fotos by geleenthede
​As jy 'n passie het vir enige van die - kom help ons asb. Dit sal verkies word dat jy reeds 'n agtergrond in die areas het of bereid sal wees om self-studie te doen.
​
Kontak: Kerkantoor (014 717 3897)
.jpeg)

Bestuur van ons inkomste, beleggings en uitgawes as rentmeesters
​
Die Taakspan Finansies hanteer ons jaarlikse begroting en die bestuur daarvan. Hulle hou ook op ‘n maand tot maand grondslag ‘n oog oor alle ontvangste en uitbetalings wat gemaak word en sien toe dat dit binne die begroting plaasvind.
Hulle help ook met die insameling van fondse deur spesiale geleenthede ons jaarlikse Week van Ete’s, Vleisfees, Dankofferfees en ander geleenthede.Kom helpgerus hier as die Here vir jou die gawe/ passie gegee het.
​
​
.jpeg)
Diensverhoudinge
​
Hierdie taakspan hanteer sake rakende werksverhoudinge, dienskontrakte, vergoeding, voordele, asook prestasiebeoordeling sodat dienslewering van betaalde amptenare vlot verloop. Dit is hulle verantwoordelikheid om te sorg dat die implementering van arbeidswetgewing korrek plaasvind.
Hulle bepaal ook wanneer werknemers hule verlof sal neem en sien ook om na die bestuur en geestestoestand van alle werknemers van ons gemeente.
Indien ‘n agtergrond het in menslike hulpbronbestuur, oorweeg dit om hier ‘n verskil te kom maak.
​

Versorging van ons Geboue en Terrein
​
Ons pragtige kerkgebou is meer as 120 jaar oud en dit is nodig dat ons gereeld aandag daaraan gee. Die Taakspan Eiedomme bestuur die onderhoud en instandhouding van ons gemeente-eiendomme en -terrein.
So as jy groen vingers het of hou van hammers en spykers kom help asseblief hier.
​
.jpeg)